TUISBLAD

Anker vir gay verhoudings

Elke mens het ‘n behoefte om lief te hê en om geliefd te wees.
Dit maak nie saak of jy nou in ‘n hedro – seksuele verhouding of ‘n gay verhouding is nie, ons almal is geskape met dieselfde behoefte aan ware liefde….
Daar is nie ‘n verskil tussen hedro seksuele verhouding en ‘n gay verhouding nie, want in beide gevalle ondervind almal dieselfde emosies en gevoelens.
Ons almal ervaar dieselfde opgewonde gevoellens as ons die spesiale persoon ontmoet, en so ook gaan ons almal deur dieselfde trauma en hartseer as ‘n verhouding op die rotse is. Hartseer bly hartseer….., trane bly trane….., en verwerping bly verwerping….

lgbt743

Die mens se hart
Deskundiges beweer dat ‘n mens se hart lê in die 5 primêre behoeftes nl:

  • Fisiese behoefte
  • Behoefte aan veiligheid en sekuriteit
  • Behoefte om bemin te word, en om te behoort
  • Behoefte aan erkening, selfrespek en selfaanvaarding
  • Behoefte aan selfontwikkeling en selfverwesenliking

gay-men

As hierdie behoeftes in ‘n verhouding bevredig word, dan is dit ‘n gebalanseerde verhouding, wat beteken dat die verhouding gebou word op ‘n stewige fondament.
Maar as een van hierdie primêre behoeftes nie bevredig word nie, dan begin sekere probleme in die verhouding onstaan nl:

A lesbian couple

  • Angstigheid
  • Depressie
  • Onbeheerste woede
  • Patologiese leuns
  • Seksuele probleme ………. en nog vele meer……

Dis hier waar mense in hul hart en siel uitmekaar geskeur word, en begin hulle om snaaks op te tree, en doen dinge wat heeltemal buite hul karakter en norms is…..
Anker is ‘n ondersteunings program vir die gay gemeenskap, om gay paartjies te help in hul verhoudings.

Lesbians+sex